Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Koperkapel " deur LOUIS LEIPOLDT
" Die Koperkapel " deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #55026] So., 30 Desember 2001 16:15
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

        DIE KOPERKAPEL
          Louis Leipoldt

Die koperkapel kom uit sy gat
    En sluip die rantjie rond:
"Dit het gereën; die veld is nat
    En nat is die rooi-geel grond."
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
      En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: "Ek dink
      Die reën kom weer vannag."
Maar die geitjie piep: "Dis glad nie reën!
    Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen  -
  So glad, so styf, so mooi?"
En die wyse steenuil waag sy woord:
    "Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
    Se bossie-wortels voed."
Vorige onderwerp: "Die Kind" deur INGRID JONKER
Volgende onderwerp: " Gunship Blues " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Jun. 01 04:18:09 UTC 2026